NewsSchools

‘Lock-down’ en toe die groot geesvang

Daar is Woensdagoggend 'n 'lock-down' tydens opening gehou waartydens die leerders soos tradisie vereis voor die interhoër tydens opening die onderwysers 'gevange neem' en toesluit.

WANNEER ‘n mens by Hoërskool Piet Potgieter se hekke instap kan jy beswaarlik vir ‘n beter gees vra as wat tans daar heers.

Saam met die spanning en afwagting wat opbou na die Bosveld Interhoër wat Saterdag gehou word, is die gees tussen die personeel en leerders amper tasbaar.

Daar is Woensdagoggend ‘n ‘lock-down’ tydens opening gehou waartydens die leerders soos tradisie vereis voor die interhoër tydens opening die onderwysers ‘gevange neem’ en toesluit. Daarna word gees gevang.

Gister het die gemeenskap ‘n voorsmakie gehad van wat op hulle wag Saterdag toe die skool die ‘Big Brag’ gehou het.

Daar is tydens die geleentheid behoorlik gespog en gewys presies hoé gereed die skool vir die interhoërbyeenkoms Saterdag is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button