NewsSchools

Sopwaternat is die Kruinie-kiewiete

Somer, son en saffier met 'n spatsel water of twee het verlede Vrydag verseker dat Curro Heuwelkruin se Kiewiete sommer hope pret by die skool gehad het.

POLOKWANE – Somer, son en saffier met ‘n spatsel water of twee het verlede Vrydag verseker dat Curro Heuwelkruin se Kiewiete sommer hope pret by die skool gehad het.

Die kleuters het hulle swemklere aangetrek, sonskerm aangesmeer en handdoek in die hand die waterpret op die skool se terrein geniet.

Hulle kon in die water speel, “skottelgoed was”, “wasgoed was” en selfs ‘n modderbad geniet.

Hulle het gejil van plesier op die waterglybaan en die skool se sproeiers is ook ingespan om die dag propvol waterpret te maak.

Meer foto’s

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button