POLOKWANE – Julia Alsemgeest, ‘n oud-leerder van Hoërskool Pietersburg, het nog ‘n uitsonderlike prestasie op haar kerfstok.
Aan die begin van die jaar het Review berig oor Julia se akademiese prestasies. Sy het agt onderskeidings in die 2014 matriekeksamen behaal en is aangewys as tweedebeste gr. 12-wiskundeleerder vir 2014 in Suid-Afrika.
Verlede week is Julia deur die ATKV aangewys as derdebeste presteerder in Afrikaans landwyd.
Sy is tans ‘n eerstejaar aktuariële wetenskappe-student aan die Universiteit van Pretoria.
Julia Alsemgeest gedryf deur haar liefde vir syfers
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



