MOKOPANE – DIE Hoërskool Piet Potgieter se top atlete het verlede Saterdag die medaljes ingeryg tydens die Bosveld Interhoër. Die uitblinkers wat al van verlede jaar flink geoefen het, het alles ingesit om op die podium beloon te word met 31 goue, 42 silwer en 30 brons medaljes.
Piet Pot se top 10 atlete van die byeenkoms was:
Marnus Uys – seuns o/17 100m, 10,60 sekondes; Luzaan Taljaard – meisies o/15 gewigstoot, 11,59 m, Mirieck Griessel – meisies o/17 gewigstoot, 12,40 m.
William Mohlaloga – seuns o/14 100 m, hekkies seuns, 14,30 sekondes
Soretha Kurger meisies o/19 diskus, 35,46 m.
Johnty Darvall seuns o/16 110m hekkies, 15,00 sekondes.
Ashley Coleman meisies o/17 gewigstoot, 11,25 m en Sello Nyawene seuns o/17 in die 3 000 m 09:22,60 sekondes.
Peter Tau seuns o/19 1500 m, 04:07,90 sekondes.
Pontsho Ngobeni seuns o/19 3 000 m, 09:09,60 sekondes.



