NewsSchools

Erica se nuwe vere

Erica Pre-primêre Skool het verlede Donderdag 'n groot skenking klere en sportsakke vir hul gr. R-bulletjierugbyspan en -pompommeisies ontvang.

POLOKWANE – Erica Pre-primêre Skool het verlede Donderdag ‘n groot skenking klere en sportsakke vir hul gr. R-bulletjierugbyspan en -pompommeisies ontvang.

Verskeie mense het bygedra om die skenkings moontlik te maak en, om dankie te sê, het die pompommeisies die borge op ‘n vertoning getrakteer.

Skoolhoof Monja Groene-wald en haar man Glenn, van RICOH Limpopo, het warm baadjies vir die meisies geborg.

Jolande Benade en Engela Grobler asook Michelle Cor-reira van Networth Properties het die meisies se sportsakke geborg.

Peter en Valerie O’Reilly van Peter Plant Hire en André Coetzee van HiQ het die seuns se rugbytruie geborg terwyl Johan en Elize Hattingh van JE Autobody die seuns se kortbroeke geborg het.

Kallie en Melissa van der Walt het sportsakke vir die seuns, geborg deur Beds 4 Africa, gereël.

Kemp en Chantelle Prinsloo sal sorg dat daar by elke wedstryd genoeg waterbottels sal wees.

“Ons waardeer al die skenkings opreg,” het Monja gesê.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button