NewsSchools

PHS 6de beste SA-bloedskenkers

Hoërskool Pietersburg (PHS) is een van die top 10 hoërskole in die land in terme van die skole wat die meeste eenhede bloed geskenk het verlede jaar.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) is een van die top 10 hoërskole in die land in terme van die skole wat die meeste eenhede bloed geskenk het verlede jaar.

PHS het ‘n sesde plek behaal op nasionale vlak en is die top skole-bloedskenker in Limpopo, met die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé tweede in die provinsie en 36ste op nasionale vlak.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloed-diens (SANBD) bied elke jaar regoor Suid-Afrika bloedskenkklinieke by hoërskole aan. Deur die jaar het die SANBD rekord gehou van elke skool se skenkings om te sien watter hoërskool die meeste bloed deur die jaar geskenk het. Die top 100 skole het erkenning van die SANBD gekry.

Dottie Pinn, die SANBD se skakelbeampte in Polokwane, het PHS geluk gewens.

“Dit is ‘n groot aanwins vir ons om een van die top 10 skole in Polokwane te hê. Hulle maak ‘n reuse verskil en red honderde lewens,” het sy gesê.

Zelda van Jaarsveld, PHS se bloedskenk-koördineerder, het vertel dat die skool in 2013 38ste op die nasionale ranglys was en hulle het besluit om harder te werk om meer bloed te skenk verlede jaar.

“Ons bloedskenkverteenwoordigers het baie hard gewerk om mense te motiveer en ons het meer as 100 eenhede bloed geskenk tydens elke bloedskenkkliniek wat ons aangebied het. Ons sukses is te danke aan spanwerk. Baie dankie aan almal vir hulle harde werk en aan elke skenker.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button