POLOKWANE – Dat die toekoms van Suid-Afrikaanse atletiek blink is was baie duidelik tydens Erica Pre-primêre Skool se atletiekdag op 26 Februarie.
Die byeenkoms is op die atletiekbane van Hoërskool Noorderland aangebied.
Die skool se pom-pom meisies het die verrigtinge geopen met ‘n vertoning wat groot byval gevind het.
Daarna het die kleuters in klasverband aan verskeie atletiekitems deelgeneem.
Erica se kleuters en hul ouers het die byeenkoms afgesluit met ‘n gesellige braai onder die sterre.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




