LOUIS TRICHARDT – ‘n Tragiese ongeluk het ‘n demper geplaas op die vriendskaplike wintersporttoernooi tussen Hoërskool Ellisras en Hoërskool Louis Trichardt, maar die spelers het dapper deurgedruk en gesorg vir ‘n dag gevul met uitstekende spel.
Op pad na die toernooi het die ouers van Ellisras se eerstespan-haker Phillip en Chantal Williams verongeluk naby Marken.
Die organiseerders het besluit om voort te gaan met die toernooi, maar het ‘n oomblik van stilte gehandhaaf voordat die twee eersterugbyspanne op die rugbyveld gedraf het.
Volgens Louis Trichardt se sportkoördineerder, Johan Minnie, sal hierdie toernooi ‘n jaarlikse instelling word.
Hoërskool Louis Trichardt rugby-uitslae:
• o/14 wen 31-12.
• o/15 verloor 30-7.
• o/16 wen 14-10.
• tweedespan wen 31-5.
• eerstespan wen 37-5.
(MEER FOTO’S)
Hoërskool Louis Trichardt netbaluitslae:
• o/14A verloor 17-7.
• o/14B verloor 13-6.
• o/15A verloor 26-5.
• o/15B verloor 16-3.
• o/16A verloor 27-10.
• tweedespan verloor 31-2.
• eerstespan verloor 24-17.
(MEER FOTO’S)
Hoërskool Louis Trichardt hokkie-uitslae:
• o/14-meisies wen 2-1.
• o/15-meisies wen 2-0.
• o/16-meisies wen 2-0.
• tweedemeisiesspan wen 2-1.
• eerstemeisiesspan wen 6-0.
(MEER FOTO’S)
Hoërskool Louis Trichardt sokkeruitslae:
• Junior seunsspan wen 2-1.
• Senior seunsspan wen 4-3.



