NewsSchools

Oupas en oumas se Kruinie-narrepret

Daar is min dinge wat 'n ouma en oupa se hart so bly maak soos 'n kleinkind wat skaterlag.

POLOKWANE – Daar is min dinge wat ‘n ouma en oupa se hart so bly maak soos ‘n kleinkind wat skaterlag.

Terselfdertyd is daar min dinge wat kinders so laat lag soos ‘n nar.

Curro Heuwelkruin se personeel het oumas en oupas na die skool toe genooi om ‘n spesiale vertoning deur Dennis die Nar saam met hul kleinkinders te geniet tydens die skool se Oupa- en Oumadag verlede Vrydag.

Dennis het elke kind en grootouer laat skaterlag met sy snaakse toertjies en lawwe sêgoed.

Die klasse is in graadverband vermaak en die leerders kon na die vertoning ‘n heerlike piekniek onder strandsambrele hou saam met hulle oupas en oumas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button