NewsSchools

Triegies skitter by Lim-atletiek

ATLETE van Hoërskool Louis Trichardt het Saterdag aan die Limpopo-atletiekkampioenskappe deelgeneem en uitstekende resultate behaal.

LOUIS TRICHARDT – ATLETE van Hoërskool Louis Trichardt het Saterdag aan die Limpopo-atletiekkampioenskappe deelgeneem en uitstekende resultate behaal.

Hoërskool Louis Trichardt se vyf medaljewennners was:

• Jonandi Aucamp, eerste plek in die 400 m vir meisies o/19 en derde plek in die 100 m vir meisies o/19.

• Iné du Plessis, derde plek in die 100 m hekkies vir meisies o/17.

• Richard Lambert, derde plek in die werpskyf vir seuns o/15 en derde plek in die hoogspring vir seuns o/15 asook vierde plek in die spiesgooi vir seuns o/15.

• Rendani Ndouvhada, eerste plek in die 110 m hekkies vir seuns o/19, eerste plek in die 400 m hekkies vir seuns o/19 en vierde plek in die 400 m vir seuns o/19.

• Wynand Mouton, eerste plek in die driesprong vir seuns o/17.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button