NewsSchools

KANSA-pret vir Triegies

Verlede Donderdag en Vrydag het die leerders van Laerskool Louis Trichardt 'n kleurvolle fees beleef tydens die skool se Kansa Shavathon deelname.

LOUIS TRICHARDT – Verlede Donderdag en Vrydag het die leerders van Laerskool Louis Trichardt ‘n kleurvolle fees beleef tydens die skool se Kansa Shavathon deelname.

Die leerders het elkeen R25 betaal om in gewone klere skool toe te kom en om hulle hare in pragtige helder kleure te laat spuit deur Kansa-vrywilligers; die juniors Donderdag en die seniors Vrydag.

Die geld wat só ingesamel is, sal deur Kansa aangewend word vir hul werksaamhede in die provinsie.

Met interessante haarstyle het die leerders oral op die skoolterrein gepronk en hulle kon selfs foto’s laat neem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button