Laerskool Pietersburg (Suidskool) se skaakspan neem tans deel aan die Limpopo-skaakliga vir skole en het verlede Woensdag teen die skaakspelers van Mitchell House te staan gekom.
Skaak is nie 'n maklike sportsoort nie, dit verg konsentrasie. Karen Benjamin van Mitchell House sit en dink wat haar volgende skuif moet wees.
POLOKWANE – Skaak word as ‘n sportsoort erken deur die Internasionale Olimpiese Komitee.
Net soos in ander sportsoorte moet spelers aan ligas, kampioenskappe en uitdunrondes deelneem om uiteindelik die boonste sport van die skaakleer te bereik.
Net soos in ander sportsoorte moet skaak-spelers ‘n gesonde eetplan volg.
Hulle doen ook opwarming voor toernooie en nabetragting na die tyd.
Laerskool Pietersburg (Suidskool) se skaakspan neem tans deel aan die Limpopo-skaakliga vir skole en het verlede Woensdag teen die skaakspelers van Mitchell House te staan gekom.
Jeanie Badenhorst, Suidskool (PLS) se skaakafrigter, sê sy het haar skaakspelers voor hierdie wedstryde herinner aan die voordele van ‘n gesonde dieet om die brein flink en vinnig te hou.
“Hulle weet hulle mag nie soetgoed voor wed-stryde eet nie, want suiker maak die brein moeg,” verduidelik sy.
“Skaak is ‘n baie goeie sportsoort om te beoefen.
“Dit leer die spelers om vooruit te dink en help om wiskundige vaardighede te ontwikkel,” sê sy.
Nico Cordier van Suidskool maak ‘n skuif tydens Suidskool se skaaktoernooi teen Mitchell House verlede Woensdag. Hierdie wedstryde was deel van die Limpopo-skolelige vir skaak.
Eduan Gobey van Suidskool werk aan ‘n strategietydens Suidskool se skaaktoernooi teen Mitchell House verlede Woensdag. Hierdie wedstryde was deel van die Limpopo-skolelige vir skaak.
Cor Müller van Suidskool beplan sy volgende skuif.
Fariaah Rhemtula van Mitchell House maak gereed om haar opponent te verras tydens Suidskool se skaaktoernooi teen Mitchell House verlede Woensdag. Hierdie wedstryde was deel van die Limpopo-skolelige vir skaak.
Gustav Rudolph van Suidskool is ernstig oor sy skaakspel.
Fezan Gani van Mitchell House kyk aandagtig wat sy opponent doen sodat hy die volgende skuif in sy stragegie daarvolgens kan beplan tydens Suidskool se skaaktoernooi teen Mitchell House verlede Woensdag. Hierdie wedstryde was deel van die Limpopo-skolelige vir skaak.
Andule Kekana van Mitchell House skuif een van sy torings tydens Suidskool se skaaktoernooi teen Mitchell House verlede Woensdag. Hierdie wedstryde was deel van die Limpopo-skolelige vir skaak.
Zané Kruger van Suidskool glimlag terwyl sy ‘n skuif maak.
Johan Swart van Suidskool skuif een van sy pionne tydens Suidskool se skaaktoernooi teen Mitchell House verlede Woensdag. Hierdie wedstryde was deel van die Limpopo-skolelige vir skaak.
Mitchell House- en Suidskool-skaakspelers sit in stille konsentrasie tydens Suidskool se skaaktoernooi verlede Woensdag. Hierdie wedstryde was deel van die Limpopo-skoleliga in skaak.
Hendou Wepener van Suidskool dink twee keer oor sy skuif voordat hy die skaakstuk finaal neersit tydens Suidskool se skaaktoernooi teen Mitchell House verlede Woensdag. Hierdie wedstryde was deel van die Limpopo-skolelige vir skaak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!