NewsSchools

Top 10 Pieties leer kommunikeer

Op 12 Maart het motiveringspreker G.P. van Rheede van Oudtshoorn die top 10-akademiese presteerders in elke graad van Hoërskool Pietersburg (PHS) toegespreek tydens PHS se Top 10-aand.

POLOKWANE – Op 12 Maart het motiveringspreker G.P. van Rheede van Oudtshoorn die top 10-akademiese presteerders in elke graad van Hoërskool Pietersburg (PHS) toegespreek tydens PHS se Top 10-aand.

Van Rheede van Oudtshoorn is ‘n dosent aan die departement van kommunikasie by die Uni-versiteit van Noordwes se Potchefstroom-kampus, ‘n motiveringspreker en lid van die swingband, It Takes Four.

Sy boodskap was een-voudig: kommunikasie is ‘n vaardigheid wat verbeter hoe meer mens dit oefen.

Hy het ook met die leerders en hul ouers, wat ook die geleentheid bygewoon het, gesels oor hoe belangrik doelgerigtheid is, veral wanneer dit ge-kombineer word met goeie kommunikasievaardighede.

Van Rheede van Oudts-hoorn het verduidelik dat hóé mens die uitdagings van die lewe hanteer, van jou persepsies asook jou gees-telike en sosiale waardes afhang.

Hy het die leerders aangemoedig om nooit tou op te gooi nie en altyd hard te werk in wat hulle ookal aanpak.

G.P. van Rheede van Oudtshoorn, 'n dosent aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroom-kampus, verduidelik hoe belangrik kommunikasie, is tydens 'n geleentheid wat PHS vir hul top 10 akademiese presteerders in elke graad gereël het.
G.P. van Rheede van Oudtshoorn, ‘n dosent aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroom-kampus, verduidelik hoe belangrik kommunikasie, is tydens ‘n geleentheid wat PHS vir hul top 10 akademiese presteerders in elke graad gereël het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button