NewsSchools

7 Kruinies in Limpopo-atletiekspan

Curro Heuwelkruin Hoërskool se atlete het uitstekende prestasies behaal tydens die Limpopo-atletiekkampioenskappe vir skole op 7 Maart.

POLOKWANE – Curro Heuwelkruin Hoërskool se atlete het uitstekende prestasies behaal tydens die Limpopo-atletiekkampioenskappe vir skole op 7 Maart.

Sewe van hierdie skool se atlete is vir die Limpopo-atletiekspan gekies wat van 26 tot 28 Maart aan die senior Suid-Afrikaanse skoleatletiekkampioenskappe by die Royal Bafokeng Stadion in Rustenburg gaan deelneem.

Curro Heuwelkruin se atlete het as volg presteer tydens die Limpop-kampioenskappe:

• Remoneiloe Phasha het eerste plekke behaal in die 100 m vir meisies o/15 en die 200 m vir meisies o/15.

• Nicole Blount het ‘n tweede plek behaal in die 200 m vir meisies o/15.

• Minette Snyman het ‘n tweede plek behaal in die 200 m vir meisies o/17.

• Ilanie Heystek het ‘n eerste plek behaal in die 100 m vir meisies o/17.

• Mauritz Pretorius het ‘n derde plek behaal in die 200 m vir seuns o/17.

• Arno Horn het ‘n tweede plek behaal in die spiesgooi vir seuns o/17.

• Stefan Nel het ‘n eerste plek behaal in die spiesgooi vir seuns o/17.

Ander medalje-wenners:

• Lizette Pretorius het ‘n tweede plek behaal in die hoogspring vir meisies o/15.

• Claudi van Niekerk het ‘n derde plek behaal in die spiesgooi vir meisies o/19.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button