NewsSchools

PHS-onderwysers kry erkenning van provinsiale departement

Twee onderwysers van Hoërskool Pietersburg is onlangs aangewys as van die beste onderwysers in Capricorn distrik en Limpopo.

POLOKWANE – Twee onderwysers van Hoërskool Pietersburg is onlangs aangewys as van die beste onderwysers in Capricorn distrik en Limpopo.

Die toekennings was gegrond op verlede jaar se matriekuitslae waarin PHS uitstekende resultate behaal het.

Lorika Uys en Wallie Schutte is vir verskeie prestasies vereer met sertifikate en ‘n wisseltrofee vir informasie tegnologie (IT) en rekenaartoepassingstegnologie (RTT).

Schutte het die volgende prestasies behaal:

• Beste presterende skool in RTT in Limpopo.

• Beste prestasie in RTT waar die skool 100% slaagsyfer in die vak vir 2012 tot 2014 behaal het in Limpopo.

• PHS is een van die top vier skole met onderskeidings in die vak RTT in Limpopo, daar was al te saam 14 onderskeidings in die vak vir 2014 eind-eksamen.

• PHS is een van die top drie skole in die Capricorn distrik met die hoogste RTT vak gemiddeld van 67%.

• PHS is een van die top drie skole in die Capricorn distrik wat die hoogste aantal leerders het wat RTT neem: 33% van PHS se leerders het RTT in 2014 as vak geneem.

• Die beste RTT-onderwyser in Limpopo met 20% van die leerders wat onderskeidings in RTT gekry het in 2014.

Uys het die volgende prestasies behaal:

• PHS is die beste presteerende skool in die vak IT in Limpopo.

• Beste presteerende IT-onderwyser toekenning in Limpopo: 23% van die leerders in die skool wat IT neem, het onderskeidings behaal in 2014.

• PHS is een van die top vier skole in Limpopo met die meeste onderskeidings in die vak IT.

• PHS is die skool in Limpopo met die hoogste persentasiegemiddeld in die vak IT met 72%.

• PHS is die enigste skool wat 100% slaag yfer in die vak IT het vir die afgelope drie jaar agtereenvolgend.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button