NewsSchools

Akademie Reformia se gr. 2’s leer meer oor entrepreneurskap

Vrydag was die skoolterrein van Akademie Reformia 'n miernes van bedrywigheid terwyl die gr. 2-leerders gewoeker het op die skool se "markplein".

POLOKWANE – Vrydag was die skoolterrein van Akademie Reformia ‘n miernes van bedrywigheid terwyl die gr. 2-leerders gewoeker het op die skool se “markplein”.

Die gr. 2’s het stalletjies opgestel en ‘n verskeidenheid items te koop aangebied tydens hul entrepreneursdag.

Met hul ouers en onderwysers wat ‘n ogie oor die transaksies gehou het, het die leerders allerhande eetgoed soos suigstokkies, koeldrank, koekies en roomys te koop aangebied aan hul opgewonde mede-leerders.

Hierdie entrepreneursdag word jaarliks deur die skool gereël om die leerders meer te leer oor besigheid en hoe om met geld te werk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button