NewsSchools

PHS-meisieskoor skop koorjaar af

Hoërskool Pietersburg (PHS) se meisieskoor het hul openingskonsert verlede Donderdag aangebied met die Amika-sanggroep as gaskunstenaars.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) se meisieskoor het hul openingskonsert verlede Donderdag aangebied met die Amika-sanggroep as gaskunstenaars.

Die konsert het in PHS se skoolsaal plaasgevind.

Met net ‘n maand se oefening agter die rug het die Amika-sanggroep eerste opgetree en die gehoor beïndruk met hulle sang.

Daarna het die meisieskoor die verhoog geneem en gesorg vir ‘n aand van uitstekende koorsang.

“Ons is ongelooflik trots op hierdie leerders en dit wat hul bereik het binne ‘n kort tyd van oefening,” het Irma Roodt, organiseerder van die koor, na die konsert gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button