MOKOPANE – Met ‘n “goeiemiddag”, “bonjour”, “good after-middag” is byna 260 mense Vrydagaand begroet tydens die “Om die wêreld toer” van Hoërskool Piet Potgieter, ten bate van ‘n fondsinsameling vir die hokkie en netbal.
Die besoekers was op reis geneem na nege lande, waar daar tot laataand gesellig gekuier is.
Met ‘n bunny chow van Indië of frog trumpinnar, (paddaboutjies) van Frankryk in die een hand en ‘n tequila van Meksiko of ‘n slush-puppy met ‘n skop van Switserland, was dit ‘n wenresep wat gesorg het vir ‘n onvergeetlike geleentheid.
Die netbal en hokkie bedank die volgende borge vir hulle bydrae tot ‘n suksesvolle fondsinsamelingsfunksie; Stanley Blount, van Blount Tissues, Munro Deysel van SSS Transport, Francois & Janet Duvenhage en Derek & Janadré Jordaan van Micromatica, Leon Koekemoer van Seeff, Pierre Peens van Zebediela Stene, Philippie de Beer van Garrun, Jackie Bannink van Limsoft, Hein du Plessis van Debtsafe en André en Pieter Kiesling van Morpiet/Renco.
Hulle bedank ook vir Kurt Kruger van Kurt Boekhouers wat die DJ vir die aand geborg het.
“Baie dankie aan al die instansies en die gemeenskap vir julle lojale ondersteuning, ons sien uit om julle weer volgende jaar op ‘n toer om die wêreld te neem,” het Deirdré Koekemoer, een van die afrigters, gesê.
Meer foto’s in Bosveld Review



