NewsSchools

Suikerbekkie hou ‘n Paasfees-piekniek

Om die einde van die eerste skoolkwartaal en die begin van die paasvakansie te vier, het die kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool hul piekniekmandjies gepak.

POLOKWANE – Om die einde van die eerste skoolkwartaal en die begin van die paasvakansie te vier, het die kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool hul piekniekmandjies gepak en heerlik saam gespeel op die skool se grasperk verlede Woensdag.

Elke kleuter het sy eie piekniekmandjie en -kombers saamgebring en gesmul aan die lekkernye wat hul ouers ingepak het. Dit was natuurlik ook groot pret om van die eetgoed onder mekaar uit te ruil.

Tussendeur het die Suikerbekkies op die skool se speelgrond baljaar onder die wakende oë van hul onderwysers.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button