NewsSchools

PHS hou heerlike vakansie-afskop

Verlede Woensdag het die leerders van Hoërskool Pietersburg die skoolkwartaal afgesluit met 'n op-en-wakker markdag.

POLOKWANE – Verlede Woensdag het die leerders van Hoërskool Pietersburg die skoolkwartaal afgesluit met ‘n op-en-wakker markdag.

Die entrepreneurs wat van hierdie geleentheid gebruik gemaak het, het die wysheid dat mense altyd sal moet eet ter harte geneem en die geure van die heerlikse eetgoed het in die lug gehang.

Van die lekkerste voorgeregte, tot die smaaklikste versnaperinge en soetgoed was op die spyskaart. Gewilde kitskosrestaurante het ook van hulle gunsteling items verkoop.

Die mees gewilde items wat by die markdag verkoop is, was die verskillende soorte en geure kolwyntjies met hulle helderkleurige versierings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button