NewsSchools

Van Akademie Reformia se begintreë reeds daar

Marietha Nel is al agt jaar lank die skoolhoof van Akademie Reformia en hul kleuterskool, Klein Begin.

POLOKWANE – Marietha Nel is al agt jaar lank die skoolhoof van Akademie Reformia en hul kleuterskool, Klein Begin.

Sy vertel dat sy al die afgelope 23 jaar betrokke was by die onderwys en dat dit eintlik nog altyd is wat sy wou doen.

“Ek het altyd as ‘n jong meisie, toe ek nog op die plaas gebly het, vir die werkers se kinders klas gegee, so ek het van ‘n jong ouderdom af besluit ek wil ‘n onderwyser word,” sê Marietha.

Sy glo daarin om balans te hou in ‘n skool en glo ook dat sy nooit kon bereik het wat sy het sonder haar geloof in God nie.

“Ek het gebewe die eerste keer toe ek by Akademie Reformia instap maar deur my geloof het ek baie bereik,” sê sy.

Sy verduidelik ook dat die sukses van elke kind haar trots hou en definitief een van die hoogtepunte is van skoolhoof wees.

Sy sê dat Akademie Reformia soos ‘n familie saamwerk en dit maak haar nog gelukkiger by dié skool.

Sy glo ook dat ‘n moeilike kind met liefde en geduld hanteer moet word, maar dat ‘n kind wel ‘n produk is van wat in die huis aangaan.

“Elke ouer speel ‘n belangrike rol in hul kind se lewe maar dit is ook verstaanbaar as ‘n kind se ouer nie al die aktiwiteite van die kind kan bywoon nie, want vandag se lewe is baie besig,” verduidelik Marietha.

Marietha is veral trots op die skool se onlangse skuif na ‘n groter terrein, ‘n groot projek om aan te pak.

Sy glo vas dat Akademie Reformia soos Petrus van die Bybel uit die skuit moet klim, die winde en golwe moet trotseer en by die Here op die water uitkom.

“Dit sou die skool net meer as R1 miljoen kos om te trek. Ons het wel met minder getrek danksy die Here se genade,” sê Marietha.

Later verduidelik Marietha dat elke dag anders is as die dag voorheen maar dat elke dag met stiltetyd geopen moet word.

Haar lewensleuse is dat die son môre weer sal skyn.

In Marietha se vrye tyd is sy graag besig in haar tuin, of lees sy.

“Ek het altyd vir myself gesê as ek nie in onderwys beland nie sal ek ‘n bibliotekaris wil word,” sê sy.

Sy verduidelik dat sy opkyk na haar man, wat altyd hard werk en altyd omgee ongeag die omstandighede.

Die ma van twee verduidelik ook dat, vanuit ‘n ma se oogpunt, dit belangrik is vir kinders om te besef dat hul verhouding met die Here eerste kom en as hul glo in die Here sal niks hul sukses kan stop nie. Sy sê ook dat die liedjie wat haar die beste beskryf is Willie Joubert se Moeders se Gebede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button