MOKOPANE – VIER van Hoërskool Piet Potgieter se bekwame noodhulpspanlede het op 20 Maart aan ‘n tawwe noodhulpkompetisie by Hoërskool Frikkie Meyer op Thabazimbi deelgeneem.
Die kompetisie het bestaan uit ‘n teoretiese toets en ‘n praktiese eksamen wat deur leerders afgelê moes word.
Hoërskool Warmbad het met die beker weggestap vir die algehele hoogste teoretiese en praktiese punt.
“Ek is baie trots op die leerders se uitstekende deelname en dankbaar vir die ervaring wat hul opgedoen het,” sê Wilma van Rooyen, organiseerder van die noodhulp by Hoërskool Piet Potgieter.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




