NewsSchools

Rugbyspanne gaan op toer

Die opwinding was groot vir twee rugbyspanne van Laerskool Pietersburg-Noord (Noordskool) toe hul op 'n rugbytoer na Marble Hall vertrek het.

POLOKWANE – Die opwinding was groot vir twee rugbyspanne van Laerskool Pietersburg-Noord (Noordskool) toe hul op ‘n rugbytoer na Marble Hall vertrek het.

Noordskool se o/9- en eersterugbyspanne was vuur en vlam om die toernooi in Marble Hall aan te durf. Die eerstespan het verlede Donderdag al vertrek, terwyl die 0/9-span Maandag in die pad geval het.

Laerskool Marble Hall was die gasheer van hierdie toernooi waar verskeie skole van Limpopo teen mekaar sou meeding.

Skoolhoof Attie Visagie en rugby-afrigter Sakkie Liebenberg het saamgestem dat die rugbytoer en -wedstryde vir hulle nie net oor wen of verloor gaan nie, maar oor hoeveel die spelers uit die ervaring kan leer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button