NewsSchools

Beste in Margate skoletoernooi

Hoërskool Louis Trichardt leerders het hul skool se naam hoog gehou tydens hul eerste rugby-, netbal- en hokkiespanne het die Margate Sport Skool Toernooi verlede week bygewoon.

LOUIS TRICHARDT – Hoërskool Louis Trichardt se eerste rugby-, netbal- en hokkiespanne het die Margate Sport Skool Toernooi verlede week bygewoon.

Die leerders het hul skool se naam hoog gehou tydens hul wedstryde teen verskeie skole.

Mariesa Smit, die eerstenetbalspanverdediger moes die toer kortknip nadat sy haar groottoon gebreek het.

Ten spyte daarvan, het die span steeds as die netbalwenspan van die toernooi weggestap.

Die span is ook aangewys as die top span vir die dag, gebaseer op dissipline, maniere, spangees en algehele prestasie. Hulpdoelverdediger Zwinake Mbedzi is as een van die top spelers van die toernooi aangewys.

Die skool se eerste rugby- en hokkiespanne het albei tweede in die toernooi geëindig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button