POLOKWANE – Die hoof van Laerskool Pietersburg, Peet Bredenkamp, het rede om te glimlag.
Toe daar in Maart op ouers se knoppies gedruk is om te kom stem vir die skool se nuwe beheerliggaam, het ouers ‘n rekordgetal van 761 stemme uitgebring.
“Daar het nog nooit by enige skool soveel ouers opgedaag tydens die verkiesing van `n beheerliggaam nie, wat die opkoms daarom baie uniek maak,” het hy gesê. Bredenkamp is met reg trots op die ouers van Pietersburg Laerskool.
“Hierdie demonstrasie van ouerbetrokkenheid by die skool stuur `n baie duidelike boodskap uit dat elke ouer aan die skool aanspreeklikheid aanvaar vir hul kinders se opleiding en opvoeding.
“Elkeen van hierdie ouers het met hul stem `n wesenlike bydrae gemaak om jaloers te waak oor die standaard, inhoud en kwaliteit van onderrig, leer en opvoeding aan ons skool,” vertel hy. Volgens Bredenkamp gaan die nuut verkose beheerliggaam sonder twyfel voortbou op die monumente van hul voorgangers om Laerskool Pietersburg tot nog groter prestasies en hoogtes te neem in belang van elke kind aan ons skool.
“Pietersburg Laerskool se ouers maak ons baie trots,” het hy gesê.
Die nuwe beheerliggaam is:
• Skoolhoof Peet Bredenkamp – departementele verteenwoordiger.
• Pierre de Ru – voorsitter.
• Adriaan Geldenhuys – finansies.
• Dave Retief – vervoer/ veiligheid en sekuriteit.
• Marietjie Botha – naskool/ arbeidsverhoudinge.
• Jeannine Zanna – personeel- en arbeidsverhoudinge.
• Debbie Hartslief – leerderaangeleenthede/ skooldrag.
• Christo van den Heever -infrastruktuur/ terrein en voorraad.
• Chris de Klerk – buitekurrikulêre aangeleenthede.
• Heinrich Swartz – ouerkomitee/ fondsinsameling.
• Monica Strauss – Werk en Wen.
• Reinette Greyling – personeelkomponent.
• Antoinette Potgieter – Nie-personeelkomponent.



