Local NewsNews

Pottie-tieners trek saam tydens kamp

TALLE tieners van Mokopane het verlede naweek deel gevorm van byna 8 000 tieners wat by Malojeni wildplaas in Vereeniging, Camp Imagine bygewoon het.

MOKOPANE – TALLE tieners van Mokopane het verlede naweek deel gevorm van byna 8 000 tieners wat by Malojeni wildplaas in Vereeniging, Camp Imagine bygewoon het.

Die bestuurspan van Imagine het spontaan in 2014 gevorm, die Imagine-droom” wat die Here in hul harte gesit het met mekaar gedeel dit in werking gestel met die seën van die N.G.- en V.G.-kerksinodes. Hierdie span bestaan uit dominees, jeugwerkers en ander spesialiste wat hulle tyd en arbeid vrywillig aanwend ter wille van die droom en van Imagine.

‘n Nasionale projekbestuurmaatskappy en ‘n taakspan vir die suidelike en noordelike feeste is aangewys en reël die onderskeie feeste. Imagine is ‘n vennoot van Bybel-Media en materiaal word in oorleg met Bybel-Media se publikasies ontwerp en uitgegee.

Die slagspreuk van Imagine is “droom glo doen”, en dit is ‘n beweging van jong gelowige dromers en doeners wat God se roeping wil uitleef.

Die plan van die stigting van hierdie jeugbeweging is om Suid-Afrika radikaal te verander deur die leiers van die toekoms op die regte geestelike pad te plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button