NewsSchools

Hokkiebokkies presteer in die Kaap

Die Kaap was Hollands vir Hoërskool Pietersburg se meisies hokkiespanne gedurende die April-skoolvakansie.

POLOKWANE – Die Kaap was Hollands vir Hoërskool Pietersburg se meisies hokkiespanne gedurende die April-skoolvakansie.

Tydens die DF Malan Nasionale Hokkiekursus wat in die Kaap gehou is, is hokkiespelers van die skool se o/18- en o/16- hokkiespanne aangewys as van die beste spelers op die veld.

• Chané Prinsloo en Venita van der Nest is aangewys as twee van die top o/18-hokkiespelers tydens die kursus.

• Inge Brits, Chanel Brow, Lindie Burger, Adri Claassen en Ané van der Merwe is as van die top o/16-hokkiespelers aangewys.

Die o/16- en o/18-spanne is ook tydens die kursus as die tweede algehele beste spanne van die toernooi in hul ouderdomsgroepe aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button