NewsSchools

Volle 59 uit 60 vir PHS in Limpopo tennisliga

Pietersburg Hoërskool (PHS) en Curro Heuwelkruin se spelers het op Woensdag, 15 April deelgeneem aan die Noordelike Interskole Tennisliga.

POLOKWANE – Pietersburg Hoërskool (PHS) en Curro Heuwelkruin se spelers het op Woensdag, 15 April deelgeneem aan die Noordelike Interskole Tennisliga.

Die tennisliga is by die Polokwane Tennisklub gespeel waar verskeie skole van alle kante van Limpopo deelgeneem het.

Met die groot hoeveelheid skole wat deelgeneem het, het ‘n uitdagende dag vir PHS en Heuwelkruin voorgelê.

PHS se tennisspelers staan uit deur ‘n allemintige 59 uit 60 wedstryde te wen.

Die rede vir die een wedstryd wat verloor is, was ‘n onttrekking van die speler vanweë ‘n ander verpligting.

PHS het beslis bewys hoekom hulle een van die top tennisskole in die provinsie is.

Heuwelkruin was wel kort op PHS se hakke.

Veral hul tweede en derde seunspan verloor net-net teen PHS.

Heuwelkruin se eerste meisiespan wen een wedstryd en hul seuns eerstespan twee wedstryde.

Die volgende ligawedstryde wat vir PHS en Heuwelkruin voorlê sal die Suidelike Interskole Tennisliga wees wat in Junie gespeel sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button