POLOKWANE – Met agt sterk skole wat aan Pietersburg Hoërskool (PHS) se deur kom klop het moes die topskool onlangs die stoffasie wys waarvan hulle gemaak is in die kwarteindwedstryde van die Tuks-reeks.
Die wedstryde is op PHS se tuisveld gespeel verlede Vrydag en Saterdag. Sterk wind en ‘n byt in die lug kon nie daarin slag om die geesdriftige sportspanne se moed te breek nie, en die ondersteuning was eweneens sterk.
PHS se uitslae vir die twee dae is as volg:
Rugby:
• o/14A PHS wen 42-14 teen Hoërskool Marais Viljoen en sal uitspeel vir plekke 1-4.
• o/15A PHS wen 31-5 teen Hoërskool Ermelo en sal vir plekke 9-12 uitspeel.
• o/16A PHS wen 22-5 teen Hoërskool Ermelo en sal uitspeel vir plekke 9-12.
• PHS eerstes verloor 17-46 teen Hoërskool Garsfontein en sal vir plekke 5-8 uitspeel.
Hokkiemeisies:
• o/14A PHS verloor 0-1 teen Hoërskool Garsfontein en sal vir plekke 5-8 plek uitspeel.
• o/15A PHS wen 2-1 teen Hoërskool Garsfontein en sal vir plekke 1-4 uitspeel.
• o/16A PHS wen 8-2 teen Hoërskool Ermelo en sal vir plekke 1-4 uitspeel.
• PHS eerstes wen 2-1 teen Hoërskool Garsfontein en sal vir plekke 1-4 uitspeel.
Hokkieseuns:
• o/14 PHS wen 3-0 teen Hoërskool Kemptonpark en sal uitspeel vir plekke 9-12.
• o/16 sal hul wedstryd op 1 Mei voltooi tydens die semi-finale.
• Eerstes verloor 3-4 teen Hoërskool Garsfontein en sal uitspeel vir plekke 5-8.
Netbal:
• o/14A PHS verloor 19-9 teen Hoërskool Garsfontein en sal uitspeel vir plekke 5-8.
• o/15A PHS verloor 22-10 teen Hoërskool Marais Viljoen en sal uitspeel vir plekke 16-13.
• o/16A PHS wen 18-16 teen Hoërskool Marais Viljoen en sal uitspeel vir plekke 1-4.
• o/17A PHS verloor 12-26 teen Hoërskool Marais Viljoen en sal uitspeel vir plekke 5-8.
• o/18A PHS wen 28-20 teen Hoërskool Kempton Park en sal uitspeel vir plekke1-4.
“Dit het goed gegaan met PHS se sport. Daar is enkele van ons spanne wat uitspeel vir ‘n eerste tot vierde plek, heelwat vir tussen vyf en agtste plek en enkele spanne vir plekke agt tot 12.
“In die verlede het die meeste spanne vir die agt tot 12 en selfs 12de tot 16de plekke uitgespeel, so ons is baie trots op PHS,” het die skool se skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman, gesê.







