MOKOPANE – DIT was ‘n skouspel van groen blou en oranje vlae en stawwe verlede Saterdag by Laerskool Krugerpark tydens die trompoppies se eerste ontwikkelingskompetisie.
Martie Viljoen, die aftigter, is baie trots op die spog uitslae wat bereik is, Die vlaggroep, die small drill en die subleidsters het koning gekraai en eerste plekke behaal. Die non-prop-groep, die throwing prop-groep, en die hoofleidster het ‘n tweede plek opgeraap.
Die trompoppies en hul afrigters, Martie en Abea Kekana, bedank al die ouers vir hul hulp en ondersteuning asook vir Jacques en Celesté Hurter vir die borg van hul klere en vir Roelien Frame van Avroy Shain vir hul koelsakkies.




