NewsSchools

Gemengde welslae

Curro Heuwelkruin se eerste en o/15-meisieshokkiespanne het onlangs gewys waartoe hulle in staat is toe hulle teen die span van Hoërskool Frans du Toit te staan gekom het.

POLOKWANE – Curro Heuwelkruin se eerste en o/15-meisieshokkiespanne het onlangs gewys waartoe hulle in staat is toe hulle teen die span van Hoërskool Frans du Toit te staan gekom het.

Die wedstryde is verlede Donderdag op Heuwelkruin se nuwe astroturfhokkiebaan gespeel en was deel van die noordelike hokkieliga. Die o/15’s skop die dag af en kort na die fluitjie blaas teken die Kruinies die eerste doel aan. Die eindtelling in die aanskoulike wedstryd was 6-0 in hul guns.

Die twee skole se eerstespanne was in ‘n stryd gewikkel om die wenposisie, maar dit was die span van Frans du Toit wat koning kraai met ‘n eindtelling van 3-2.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button