Local NewsNews

Jeugorkesuitvoering by Bolivia Lodge ‘n belewenis

Inwoners is verlede Saterdagaand getrakteer op betowerende klanke van die Simfonia Juventi Jeugorkes.

POLOKWANE – Inwoners is verlede Saterdagaand getrakteer op betowerende klanke van die Simfonia Juventi Jeugorkes.

Die konsert is by Bolivia Lodge gehou.

As voorsmakie het die orkes verlede Vrydagmiddag vir leerders van verskeie laerskole, ook by Bolivia Lodge, opgetree.

Die konsert is aangebied deur Akademie Reformia in samewerking met Bolivia Lodge en St. Marco Estate as fondswerwing vir die skool.

Ans Becker, een van die organiseerders, sê die doel van die konsert was tweeledig.

“Die doel van die konsert was om die gemeenskap van Polokwane die geleentheid te gee om ‘n lewendige optrede van ‘n simfoniese orkes te ervaar. Ook, om die jong musici in die orkes die geleentheid te gee om voor ‘n waarderende gehoor op te tree,” verduidelik Becker.

“By Akademie Reformia sing die kinders graag en maak musiek met hul slagorkes. Ons benodig tans verskeie instrumente. Die geld wat ingesamel is sal vir dié doel gebruik word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button