POLOKWANE – Familie en vriende van Laerskool Pietersburg-Oos se junior en senior koor het op Woensdag, 29 April by Oosskool se saal bymekaar gekom in afwagting van dié kore se eerste konsert.
Amika, Hoërskool Pietersburg se sanggroep het die aand geopen deur onder andere Nader My God By U en Our God Is An Awesome God te sing.
Daarna het die junior koor die verhoog betree.
Opgewonde oor hul eerste optrede vir die jaar het hulle Jou Naam is Geskryf in Sy Hand en As Oupa So Sê gesing.
Die junior koor het verlede jaar vyfde in die nasionale Applouskompetisie geëindig..
‘n Liedjie wat nie net die koor opgewonde gehad het nie, maar ook die gehoor se voete laat stamp het, was Bones waaroor die leerders duidelik gaande is.
Die senior koor wat bestaan uit leerders van gr. 4 tot gr. 7 was volgende aan die beurt met liedjies soos Tale van die Liefde en A La Rurro Nino.
“Die kinders sing werklik mooi en mens kan sien daar word hard gewerk. Ek kan nie wag tot hul volgende optrede nie,” het Annemarie Strydom, een van die gaste by die kooraand, gesê.






