NewsSchools

Westenburg Sekondere Skool maak geskiedenis

Westenburg Sekondere Skool sal op 25 Mei hul 30ste verjaardag vier en die verjaardagvieringe het Maandagoggend afgeskop met n baie spesiale vlag-hysing. Vir die eerste keer in die skool se geskie-denis het die skool se eie vlag aan die vlagpaal gewapper. Die eer het hoofseun Lawrence Adams te beurt geval om die blou, geel en …

Westenburg Sekondere Skool sal op 25 Mei hul 30ste verjaardag vier en die verjaardagvieringe het Maandagoggend afgeskop met n baie spesiale vlag-hysing.
Vir die eerste keer in die skool se geskie-denis het die skool se eie vlag aan die vlagpaal gewapper.

Die eer het hoofseun Lawrence Adams te beurt geval om die blou, geel en wit vlag, waarop die woorde; Verkry wysheid en verkry insig pronk, vir die eerste keer te hys.
Wat hierdie vlag veral spesiaal maak is dat die leerders betrokke was by die ontwerp daarvan. Die graad 12-raad se uitvoerende komitee het ontwerpvoorstelle van We Brand It ontvang, waarna hule hul gunsteling-ontwerp gekies het.
Waarnemende skoolhoof Jimmy Steele het aan Polokwane Observer gesê dat die vlaghysing n wonderlike oomblik vir die hele skool was.

Dit was nog altyd een van my drome vir die skool om n amptelike skoolvlag te hê. ‘n Skoovlag maak die leerders trots op hulle skool, het hy gesê.
n Voormalige leerder van Steele, Alet Bisset het die nuwe skoolvlag asook n Suid-Afrikaanse landsvlag aan Westenburg Sekondere Skool geskenk.
Die landsvlag is saam met die skoolvlag gehys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button