NewsSchools

HTS dankbaar vir skenking

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het onlangs 'n skenking van R948 000 ontvang as deel van die staat se Herkapitaliseringsprogram vir tegniese skole.

POLOKWANE – Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het onlangs ‘n skenking van R948 000 ontvang as deel van die staat se Herkapitaliseringsprogram vir tegniese skole.

Dié welkome skenking mag net gebruik word om masjienerie en toerusting aan te koop, en vandag spog die skool behoorlik met hul nuwe masjienerie.

Die skenking vorm deel van fase twee van die program; die eerste fase het die verf van sentrums ingesluit en tydens die derde fase sal onderwysers na Kemptonpark en Bloemfontein reis vir opleiding.

“Ons bedank die staat vir die skenking, ons is werklik dankbaar vir die nuwe toerusting wat ons kon aankoop,” het adjunkhoof Piet Holtzhausen opgemerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button