NewsSchools

‘n Gesonde huis vir die tandemuis

Die gr. R-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het op Donderdag, 7 Mei weer geleer van tandeborsel en hoe belangrik dit is om jou tande reg te borsel.

POLOKWANE – Van ‘n vroëe ouderdom reeds leer kinders oor tandeborsel en mondhigiëne. Teen die tyd wat hulle in gr. R is, is tandeborsel al ‘n gewoonte (al sukkel sommige ouers nog dat hulle kinders onthou om dit te doen). Die gr. R-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het op Donderdag, 7 Mei weer geleer van tandeborsel en hoe belangrik dit is om jou tande reg te borsel.

Erika Coetzee van die Universiteit van Limpopo is ‘n mondhigiënis en het haar kennis met die leerders kom deel. Elke leerder moes sy tandeborsel en tandepasta skool toe neem sodat hulle hul tande kon borsel na hulle pouse hul kos geëet het. Erika het die jongklomp laat oefen hoe om presies te borsel voor hulle die tandepasta opgesit het. Erika het hulle geleer van bakterieë en watter kossoorte beter is om te eet.

“My tande het gaatjies, daarom moes ek na die tandarts toe gaan,” vertel Brenten Venter net voor hy oefen om tande te borsel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button