NewsSchools

Osies se gr. R-jonges besoek Mediclinic

Gr. R-leerders van Oosskool het verlede Donderdag 'n besoek aan Mediclinic Limpopo gebring.

POLOKWANE – Gr. R-leerders van Oosskool het verlede Donderdag ‘n besoek aan Mediclinic Limpopo gebring.

Die besoek vorm deel van die graad se leerprogram: elke week is daar ‘n tema en verlede week was die tema ‘dokters’.

Twee groepe van ongeveer 70 kinders elke het die verskillende eenhede in die hospitaal besoek, wat ongevalle, die kindersaal en die kombuis ingesluit het.

By ongevalle het een van die dokters aan die kinders gedemonstreer wat gebeur wanneer ‘n pasiënt by dié eenheid aankom. In die kombuis het die kombuisbestuurder aan die kinders verduidelik wat alles in die kombuis gedoen en hulle kon ook in die “groot” yskas inloer.

Die kindersaalbestuurder, suster Hannelize Weyers en haar handpop, Tinkerbell, het hulle verwelkom by die kindersaal waar hulle vir ‘n toer deur die saal geneem is.

Hierna het ER 24 se personeel vir die kinders buite gewag sodat hulle kon sien hoe die binnekant van ‘n ambulans lyk en hoe om ‘n pasiënt met rug- of nekbeserings te behandel.

“Die kinders het die uitstappie terdee geniet,” het Marietjie Wilkinson, gr. R-assistentjuffrou, opgemerk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button