Heerlike boeremark-tyd
Op Saterdag, 1 Augustus, vroegoggend terwyl die temperatuur nog onder 10 grade was, het gretige inwoners reeds by Bosveld Pub & Grill bymekaar gekom om heerlik saam te kuier by die maandelikse boeremark.
POLOKWANE – Op Saterdag, 1 Augustus, vroegoggend terwyl die temperatuur nog onder 10 grade was, het gretige inwoners reeds by Bosveld Pub & Grill bymekaar gekom om heerlik saam te kuier by die maandelikse boeremark.
Die eerste stalletjie was natuurlik gereed om mense te bedien met warm geurige koffie terwyl Cathy Baker warm pannekoek gebak en bedien het. Shane Jansen van Vuuren was gereed met sy gegeurde Vodka en Joey Pansegrouw het haar hande vol gehad om vetkoeke te bak vir almal wat belangstel.
“Die Boeremark was weereens ‘n sukses en ons sien uit na volgende maand om weer so te maak. Ek is seker dit sal besiger raak wanneer dit warmer word,” vertel Piet Oerlemans, organiseerder van die mark.








