Local NewsNews

Minstens 13 sterf oor naweek op Limpopo paaie

Minstens 13 mense het van Vrydag tot Maandag in vier groot botsings op Limpopopaaie omgekom waarvan een ‘n polisiesersant van die Rabasotho polisiestasie in Tembisa, Gauteng is. Vrydagoggend is een persoon op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Nikkelstraat dood en twee ernstig beseer toe ‘n bakkie, taxi en vragmotor gebots het. Volgens ‘n ooggetuie …

Minstens 13 mense het van Vrydag tot Maandag in vier groot botsings op Limpopopaaie omgekom waarvan een ‘n polisiesersant van die Rabasotho polisiestasie in Tembisa, Gauteng is.
Vrydagoggend is een persoon op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Nikkelstraat dood en twee ernstig beseer toe ‘n bakkie, taxi en vragmotor gebots het. Volgens ‘n ooggetuie het die bakkie- en taxibestuurder voor die aankomende vragmotor ingedraai waarna die taxi omgeslaan het en die bakkie op die taxi te lande gekom het. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Een persoon is Vrydagoggend in Nelson Mandelarylaan dood nadat ‘n bakkie- en taxibestuurder vermoedelik voor ‘n aankomende vragmotor ingedraai het.
Een persoon is Vrydagoggend in Nelson Mandelarylaan dood nadat ‘n bakkie- en taxibestuurder vermoedelik voor ‘n aankomende vragmotor ingedraai het.

Saterdag is vyf mense op die R573 naby Seyabuswa, Sekhukhune dood toe ‘n Volks-wagen Polo onder ‘n vragmotor, wat sement vervoer het, beland het. Volgens die departement van vervoer, veiligheid, sekuriteit en skakeling se woordvoerder oor verkeer, Kagiso Mootane het die Polo-bestuurder blykbaar op ‘n onveilige wyse die ryvlak betree, tussen die vragmotor se perd en sleepwa beland en is vir etlike meter gesleep. Roekelose en nalatige bestuur is moontlik die oorsaak.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek nadat polisiesersant, Kenny Ramoroka en drie ander op die R518 Markenpad buite Lephalale verongeluk het. “Volgens inligting het die bestuurder van ‘n dubbelkajuitbakkie blykbaar beheer oor die voertuig verloor en trompop teen ‘n aankomende voertuig gebots. Drie mense is op die toneel dood terwyl ‘n vierde een op pad na Lephalale Provinsiale Hospitaal oorlede is,” sê Ngoepe.
Maandagoggend is nog vier mense op die N1 buite Mookgophong dood toe ‘n Opel Corsa se band glo gebars en trompop teen ‘n aankomende voertuig gebots het. Mootane het die voorval bevestig.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Vyf mense is dood nadat ‘n Volkswagen Polo onder ‘n vragmotor beland het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button