Local NewsNews

Laaste guns voor Fanie in Middelburg gaan werk

Fanie Mallet is 'n hawelose man waaroor Review onlangs berig het nadat hy, op die hoek waar hy bedel, sy hemp en baadjie uitgetrek het om mense wat in 'n motorbotsing betrokke was, te help.

POLOKWANE – Vir die afgelope jaar is Fanie afhanklik van motoriste se goedgunstigheid vir ‘n inkomste, waar hy by ‘n kruising van een van die groot inkopiesentrums in die stad staan – hoofsaaklik om sy daaglikse huur en sy hond se kos te kan betaal.

Mallet het sedert die botsing en die koerantberig, self meer hulp ontvang van verbygangers.

In die afgelope week is daar bevestig dat hy werk gekry het by ‘n sekuriteitsfirma in Middelburg wat hom dadelik in diens kan neem.

Hy skiet egter steeds finansieel te kort wat sy huurgeld aanbetref.

“Ek het die werk en daarvoor wil ek baie dankie sê. Die Here was goed vir my en die mense hier by die verkeerslig ook.

“Al wat ek nodig het is R3 000 om vir my blyplek te betaal,” vertel Fanie.

Die plek waar hy beoog om tuis te gaan voorsien hom daagliks van ‘n bord kos, slaapplek, en ‘n badkamer.

“Al wat ek wil doen is om te begin werk. Dis al wat ek nodig het,” vertel hy.

Enigiemand wat in dié opsig kan help, kan vir Riana by Review skakel, by 079 183 5586.

Driekus Visagie, een van die bestuurders van die maatskappy waar Fanie nou gaan werk, het aan Review bevestig dat hulle vir Fanie die pos aangebied het, en hom graag wil help.

Lees meer:
Fanie sê dankie met ‘n stuk sjokoladekoek en ‘n glimlag

[VIDEO] Gee my net ‘n kans – Fanie Mallet

Accident report: Fanie Mallet was first on the scene

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button