Local NewsNews

‘Kou die harde klippe’

Hulle swaarkry het hulle baie geleer van liefde se oorwinningskrag en saam het hulle geleer hoe om die lig te sien.

POLOKWANE – Liefde oorkom alles: dit is iets wat Erica en Arrie du Plessis eerstehandse ondervinding van het.

Dié paartjie is reeds meer as 20 jaar getroud en het deur die jare baie sakke sout saam opgeëet.

Hulle swaarkry het hulle baie geleer van liefde se oorwinningskrag en saam het hulle geleer hoe om die lig te sien al het dit soms gelyk en gevoel asof hulle in die donkerste dieptes gaan verdrink.

“Ek het gereeld dagga gerook, baie gedrink en net aan myself gedink maar my vrou was altyd aan my sy.

“Erica het altyd die pot aan die kook gehou en ons huis en gesin bymekaar gehou,” vertel Arrie.

Hy het ‘n paar jaar gelede sy uitkyk op die lewe verander en beide sy drink- en dwelmgewoontes gestaak.

“Vandag kan ek nie anders as om elke dag my bes te doen om op te maak vir al die swaarkry waardeur ek my vrou en ons familie gesit het nie. Ek gaan uit my pad uit om vir haar te sorg en op te maak vir my foute en vandag kan ek vir haar ‘n huis gee en goed vir haar sorg,” vertel hy.

Die paartjie vertel dat hulle wel elke dag in die son wind en weer staan en motors oppas, maar dat te midde van die swaar lewe en harde werk beteken hulle elke dag vir mekaar meer.

“Ons sal paartjies aanraai om seker te maak wat hulle uit die lewe wil hê en besin mooi oor die persoon wie jy besluit om in jou lewe te hê of mee wil trou.

“Ken daardie persoon op alle gebiede en ondersteun mekaar. Bring die beste in mekaar uit, dít is hoe julle saam gelukkig gaan kan wees,” vertel Erica.

Hulle raad om die lewe se harde klippe te kou is om dit “een vir een saam op te eet”.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button