MMC Bushveld op 10-12 Maart
Die Mighty Men Bushveld Conference, sal die gewilde Evangelis, Anchus Buchan, die hoofdiens die Sondag om 09:00 lewer.
POLOKWANE – Die organiseringskomitee van die 2017 Mighty Men Conference (MMC) Bushveld in Polokwane wag tans met opgewondenheid om vanjaar se besoekers op die plaas Snymansdrift te verwelkom.
Die MMC Bushveld vind vanjaar van 10 tot 12 Maart plaas en is bloot gemik op mans want die krag van die Heilige Gees wil ervaar en in hul lewens verwelkom.

Een van die organiseerders, Hein Snyman, moedig mans van alle ourdomme wie daarna smag om die teenwoordigheid van God in hul lewens te hê aan om nie die MMC Bushveld 2017 mis te loop nie.
Soos dit die instelling is by die MMC Bushveld, sal die gewilde Evangelis, Anchus Buchan, die hoofdiens die Sondag om 09:00 lewer.

Die Vrydagdiens sal deur Matt Ludick gelewer word om 18:00 en die Saterdagdienste sal om 08:30 deur Africa Mathlopa en om 18:00 deur Ludick gelei word.
‘n Nuwe item op vanjaar se MMC Bushveldprogram is die Grow for Glory (Groei vir Glorie) bedieningstent spesiaal vir kinders vanaf die ouderdom van vier jaar en ouer.
MMC Bushveld benodighede:
• Bybel, notaboek en pen.
• Kampstoele.
• Tent.
• Toiletware (let wel dat slegs bio-afbreekbare seep toegelaat word. Gewone seep of sjampoe is nadelig vir die omgewing. Seep sal deur MMC Bushveld se organiseerders by die storte voorsien word).
• Flitslig.
• Skoon klere.
• Hoed of pet.
• Reënjas of sambreel.
• Muskiet-afweerder.
• Drinkwater.
• Eie kos (alhoewel kosstalletjies en braaipakke deurentyd beskikbaar sal wees).
• Basiese- en kroniese medikasie.
Die organiseerders van die MMC Bushveld moedig besoekers aan wat gaan uitkamp vir die naweek om vooraf hul voertuie se brandstoftenks op te vul. Mans en seuns van so jonk as vier jaar oud is welkom om hierdie kamp by te woon.

Wat beslis nie toegelaat word by die MMC Bushveld nie is:
• Alkohol.
• Wapens en vuurwapens.
• Ongevraagde bemarkings- of advertensiemateriaal
• Vrouens in die kamp-areas (vrouens is egter welkom om Sondag se hoofdiens saam met Angus Buchan by te woon).
Vir meer inligting, besoek gerus die MMC Bushveld se webwerf by www.mmcbosveld.co.za.



