Local NewsNewsUpdate

Soektog na Scott van Zyl afgelas

Die grootskaalse soektog na Scott van Zyl die beroepsjagter van Marken wat verdwyn het, is afgelas.

LIMPOPO – Die soektog wat gestrek het aan beide kante van die Limpoporivier, op die grond en lugondersteuning deur helikopters, is na ‘n week van sy verdwyning afgelas.

Lees meer: Soektog vir Limpopo jagter duur voort

Salome de Villiers, ‘n vriendin van die Van Zyl’s wat die soektog van stapel gestuur het, het laat weet die reddingspanne het alles moontlik gedoen. De Villiers sê sy het terugvoering van die voorsitter van Limpopo Jagtersvereniging, Phillip Bronkhorst, ontvang. Volgens hom is daar moontlike menslike oorskot in twee krokodille gevind wat geskiet is. Die uitslag sal eers oor ‘n paar weke beskikbaar wees.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button