Bolivia Lodge bevorder veiligheid met straatligte
Motoriste en voetgangers se kommer oor veiligheid op die toegangstraat vanaf die Modjadjiskloofpad by die verkeerslig by Mall of the North na Bolivia Lodge is iets van die verlede nadat die lodge 18 straatligte langs dié besige straat aangebring het. Bolivia Lodge mede-eienaar Dawie Botes het Donderdag tydens ‘n kort bekendstellingseremonie gesê dat die ligte …

Motoriste en voetgangers se kommer oor veiligheid op die toegangstraat vanaf die Modjadjiskloofpad by die verkeerslig by Mall of the North na Bolivia Lodge is iets van die verlede nadat die lodge 18 straatligte langs dié besige straat aangebring het.
Bolivia Lodge mede-eienaar Dawie Botes het Donderdag tydens ‘n kort bekendstellingseremonie gesê dat die ligte oor ‘n afstand van 600 meter aangebring is en dat dit ‘n veiliger omgewing tot gevolg sal hê.

“Die straat is baie besig en die gebrek aan straatligte het al tot noodlottige ongelukke na sononder gelei. Ons personeel moes ook in die donker daarlangs stap en het verskeie kere onder aanvallers deurgeloop,” het Botes gesê.
Sy vennoot, Jannie van Waveren, het gesê dat die projek in ‘n rekordtyd van sewe weke voltooi is en dat twee dwarsstrate gekruis moes word. “Dit was ook ‘n gevaarlike plek om te werk omdat die verkeer deurentyd swaar was,” het Van Waveren bygevoeg.
Botes het die kontrakteur en professionele span met die suksesvolle afhandeling van die projek gelukgewens en amptenare van Polokwane Munisipaliteit vir hul insette bedank.
“Ons sien die projek ook as ‘n bydrae tot Bolivia Lodge se gemeenskapsdiens,” het hy afgesluit.
Storie & foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com



