Heymann-verhoor sloer
Ramone Heymann, wat van strafbare manslag aangekla is nadat hy na bewering vir Shannon Sacco in Maart verlede jaar doodgery het, sou na verwagting gister (Dinsdag) in die Seshego streekhof verskyn het nadat die saak verlede Donderdag weer eens uitgestel is. ‘n Familielid van Shannon, wat ‘n leerder van Westenburg Sekondêre Skool ten tye van …

Ramone Heymann, wat van strafbare manslag aangekla is nadat hy na bewering vir Shannon Sacco in Maart verlede jaar doodgery het, sou na verwagting gister (Dinsdag) in die Seshego streekhof verskyn het nadat die saak verlede Donderdag weer eens uitgestel is. ‘n Familielid van Shannon, wat ‘n leerder van Westenburg Sekondêre Skool ten tye van haar dood was, sê daar was verlede Donderdag blykbaar byna geen personeel wat sake in die streekhof kon behartig nie en die saak moes noodgedwonge uitgestel word.
Die saak is verlede jaar vir verhoor in Februarie geskeduleer, maar is telkens uitgestel omdat Heymann glo van regsverteenwoordigers verander het.
Shannon is dood nadat sy na skool op pad huis toe deur ‘n voertuig getref is. Heymann het glo na die ongeluk probeer weghardloop, maar is deur die gemeenskap aangekeer waarna hy in die Polokwane landdroshof verskyn het en later op borgtog van
R1 500 vrygelaat is.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



