Local NewsNews

‘Buffelverneuker’ weer agter tralies

Jaco Opperman wat glo verskeie mense sedert 2016 met sowat R60 000 ingedoen het en in 2017 op ‘n waarskynlik onwettige manier borgtog toegestaan is, is Vrydag weer deur die polisie in Potchefstroom aangekeer. Hy het reeds Maandag in die Modimolle landdroshof op drie aanklagte van bedrog verskyn waarna die saak tot 12 Februarie uitgestel …

Jaco Opperman wat glo verskeie mense sedert 2016 met sowat R60 000 ingedoen het en in 2017 op ‘n waarskynlik onwettige manier borgtog toegestaan is, is Vrydag weer deur die polisie in Potchefstroom aangekeer.
Hy het reeds Maandag in die Modimolle landdroshof op drie aanklagte van bedrog verskyn waarna die saak tot 12 Februarie uitgestel is terwyl hy in aanhou­ding bly.
Die provinsiale polisie se kommunikasiehoof, Motlafela Mojapelo, sê ‘n klag van ontsnapping sal by Opperman se klagstaat gevoeg word.
Volgens Mojapelo het die polisie sedert 2016 na Opperman gesoek nadat hy glo buffels op die internet te koop aangebied het. Wanneer kopers die deposito aan hom oorbetaal het, het hy spoorloos verdwyn.
‘n Ondersoekspan van Modimolle-speurtak het hom in Augustus verlede jaar in Witbank op drie bedrogaanklagte aangekeer en hy het op 20 September die laaste keer in die hof op Modimolle verskyn, volgens Mojapelo.
In Oktober moes hy weer verskyn, maar was skoonveld. Voorlopige ondersoeke het bevind dat hy glo op ‘n onbekende manier slegs R500 borgtog betaal en op die vlug geslaan het waarna hy nooit weer vir enige hofverrigtinge opgedaag nie. Die betrokkenheid van ‘n landdros sowel as ‘n lid van die polisie in Opperman se ontsnappingspoging word volgens Mojapelo ondersoek.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button