Local NewsNews

BREAKING NEWS – Vulstasies in stad beroof, valkluise opgeblaas

Twee vulstasies is in die vroeë oggendure vandag (Woensdag) deur ‘n onbekende aantal verdagtes beroof nadat die valkluise met plofstof opgeblaas is. Volgens inligting het ‘n groep verdagtes ongeveer 02:00 by Elegant Fuel in Marshallstraat opgedaag. Van die verdagtes het die werknemers glo in die winkel aangehou terwyl die ander die twee valkluise opgeblaas en …

Twee vulstasies is in die vroeë oggendure vandag (Woensdag) deur ‘n onbekende aantal verdagtes beroof nadat die valkluise met plofstof opgeblaas is.
Volgens inligting het ‘n groep verdagtes ongeveer 02:00 by Elegant Fuel in Marshallstraat opgedaag. Van die verdagtes het die werknemers glo in die winkel aangehou terwyl die ander die twee valkluise opgeblaas en met ‘n onbekende bedrag geld in ‘n BMW en Toyota Corolla gevlug het.
Die skurke het daarna klaarblyklik hul modus operandi by Sasol Peninapark voortgesit waar ‘n valkuis ook opgeblaas is. Volgens inligting was die polisie vinnig op die verdagte voertuie se spoor. Tydens ‘n jaagtog in die rigting van Mankweng het die verdagtes glo die polisie naby Nobody ontglip.
Provinsiale polisiewoordvoerder Moatshe Ngoepe het nog nie gereageer nie alhoewel hy self op die toneel was.
Sien volledige storie in môre se uitgawe van Polokwane Observer.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die binnekant van die winkel by Elegant Fuel na die ontploffing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button