Schools
Somme is sommer baie lekker by PLS
Om wiskunde prettig te maak is Pietersburg Laerskool se leerders onlangs toegelaat om soos verskillende wiskundige konsepte aan te trek.
POLOKWANE – Wiskunde begin reeds op ‘n baie vroeë ouderdom deel raak van hulle wêreld wanneer kleuters aan frases soos ‘maak die emmer vol water’ of ‘gee vir my drie tamaties aan’ blootgestel word.

Onbewustelik word elke mens daagliks aan verskillende wiskundige konsepte blootgestel.
Om wiskunde prettig te maak is Pietersburg Laerskool se leerders onlangs toegelaat om soos verskillende wiskundige konsepte aan te trek.

Daar was sakrekenaars, somme, formules en selfs ‘n horlosie wat tyd aandui, wat die skool se stoepe betree het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!