Schools

Tommiehoof Vanessa blaas 60 kersies uit

Alhoewel Vanessa Kachelhoffer Maandag verjaar het, het die personeel en beheerliggaam reeds Vrydag 'n verrassingspartytjie vir haar gehou.

POLOKWANE – Vanessa Kachelhoffer is nie net die skoolhoof van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé nie, maar ook ‘n ma, vriendin, raadgewer en planmaker vir enige situasie wat mag opduik.

Sy ken haar leerders persoonlik by die naam, hul huislike omstandighede, swak én sterk punte.

In Februarie 2021 is sy as die eerste vroueskoolhoof by Tom Naudé aangestel en het sedertdien die skool na nuwe hoogtes geneem.

Vanjaar vier sy nie net vier jaar in hierdie rol nie, maar ook haar 60ste verjaarsdag.

Vanessa Kachelhoffer saam met haar man, Thys, seuns, skoondogters en kleinkinders.

Alhoewel sy Maandag verjaar het, het die personeel en beheerliggaam reeds Vrydag ‘n verrassingspartytjie vir haar gehou.

Onder die verrassingsgaste was haar man Thys, haar kinders en kleinkinders, sowel as lede van die beheerliggaam.

Tydens die partytjie het Karen de Jager ‘n toespraak gelewer waarin sy beskryf hoe haar eie kinders deur Vanessa se hande gevorm is om ‘n liefde vir Afrikaans te ontwikkel.

Willie Schoeman saam met Vanessa Kachelhoffer.

“Dit is te danke aan Juffrou Vanessa dat Carla vandag nog so ‘n groot liefde vir skryf het. Vanessa weet hoe om Afrikaans interessant te maak, selfs vir ‘n gr.12-seun. Wanneer God ons seën om ‘n mylpaal soos ‘n 60ste verjaarsdag te bereik, reflekteer ons op die jare wat soos water onder ‘n brug verbystroom,” het De Jager gesê.

Vanessa se leierskap, toewyding en persoonlike betrokkenheid by leerders en personeel maak haar nie net ‘n gerespekteerde skoolhoof nie, maar ook ‘n geliefde mentor en rolmodel.

Karen verduidelik hoe sy gaan oplees het en gesien het Vanessa beteken ‘vlinder’, ‘n naam wat groei, skoonheid en verandering.

Vanessa Kachelhoffer saam met die hoofde van ander skole in die stad.

“God het jou naam, Vanessa, in Sy handpalm geskryf.”

Sy het dit as volg verduidelik:

• V is vir vreesloos. “Soos die vreeslose arend is jy nie bang vir die storms nie. Jy raak opgewonde as die storm op pad is, want jy weet dat die stormwinde jou hoër sal laat sweef, nader aan jou Skepper.”

• A is vir avontuurlustig. “Jy is lief vir reis en oop vir nuwe ervarings en uitdagings. Jy is jonk van gees en ‘nee’ of ‘ek kan nie’ bestaan nie in jou woordeskat nie: uitdaging aanvaar!”

• N is vir nederig. “Jy is altyd bereid om te dien, sonder om die kollig te soek. So dra jy altyd Jesus se hart op jou mou.”

• E is vir entoesiasties. “Met jou positiewe gesindheid en energieke persoonlikheid straal jy jou innerlike lig na buite. Hierdie lig kan nie gedemp word nie. Jy kleur situasies en mense se lewens om jou in en sien altyd die beker half vol. Elke taak word altyd aangepak met entoesiasme en ywer.”

• S is vir supervrou. “Jy balanseer soveel verskillende rolle met styl en energie, Jy is ‘n ma, ‘n vrou, ‘n ouma en ‘n hoof. Jy is liefdevol, sorgsaam met altyd daar vir jou gesin, leerlinge en personeel.”

• S is vir standvastig. “Jy is ‘n leier wat die pad vir ander wys met integriteit en wysheid.”

• A is vir ambassadeur. “Jy inspireer en lei ander met geduld en insig en is so op alle vlakke ‘n ambassadeur vir jou familie, skool en God.” Drie van Vanessa se kleinkinders het ‘n gedig aan hulle ouma voorgedra en Erandi Cilliers, kultuurhoofmeisie, het ‘n spesiale lied aan haar opgedra.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button