Schools

Gesogte trofee vir Tommie se onbetaalde diens

Juan-Pierre de Beer (18) erken hy het vermoed dat hy die trofee sou ontvang, maar was steeds opgewonde toe sy naam aangekondig is.

POLOKWANE – Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se Juan-Pierre de Beer (18) het vanjaar met die gewilde Burgemeesterstrofee tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling weggestap.

“Die trofee word toegeken aan leerders wat drie jaar lank onbetaalde diens aan die skool gelewer het. Ek werk in die klankkantoor,” verduidelik Juan-Pierre trots.

Hy vertel dat hy aanvanklik gehoor het die klankspan het hulp nodig en besluit het om meer daaroor uit te vind.

“Die gogga het my gebyt, en sedertdien is ek passievol oor klank. Ons moet sorg dat alles perfek verloop tydens die skool se geleenthede en ander instansies se funksies. Ek moes leer hoe al die toerusting werk, en daar is geen ruimte vir foute nie,” sê hy.

Benewens sy betrokkenheid by die klankspan, speel Juan-Pierre ook krieket. Hy erken hy het vermoed dat hy die trofee sou ontvang, maar was steeds opgewonde toe sy naam aangekondig is.

Hy beplan om volgende jaar in meganiese ingenieurswese te werk.

“Ek hou van kleintyd af daarvan om aan motors te werk. As jy nie verstaan wat jy doen nie, kan dit moeilik wees, maar ek het besef dis nie noodwendig nodig om dit as ‘n vak op skool te neem nie,” sê hy met ‘n glimlag.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button